Etienne & Anieka

April 10, 2021 • Winterton, South Africa

Etienne & Anieka

April 10, 2021 • Winterton, South Africa

Ons Storie

Wie sou kon dink dat ‘n toevallige ontmoeting tot vir ewige liefde sou lei.

Etienne en Anieka ontmoet in die jaar 2015. Etienne as 4de jaar student en Anieka in haar 2de jaar. ‘n Toevallige ontmoeting by die studente-watergat, “Livingstones” ontaard in onmiddelike vriendskap.

Anieka het egter dadelik geweet dat hierdie lang man baie spesiaal is. Vroeg in die jaar 2016, is dit duidelik dat hierdie twee ogies vir mekaar het. ‘n Oor en weer flankering gaan vir 10 laaaang maande aan.

Uiteindelik is Etienne en Anieka op 24 Oktober 2016 gekys.

In 4 jaar , ervaar Etienne en Anieka baie geluk en vreugde in hulle vriendskap. ‘n Gedeelde liefde vir avontuur en lekker eet, blom tot ‘n pragtige verhouding.

Na die grendeltyd van 2020, besef Etienne en Anieka hulle kan nie meer sonder mekaar funksioneer nie, en die “JA” woord word op 24 September 2020 gevra.


En so is die tyd nou hier, vir Etienne en Anieka om op 10 April 2021, af te haak.